Leer by die meesters!

Waldo Greeff gee sy wen-wenke

Waldo Greeff is ʼn bekroonde Afrikaanse liedjieskrywer wat weet hoe om met woorde te woeker. Klik hier vir sy wenke vir liedjieskrywers.

  • Struktuur – Die struktuur van ’n liedjie is soos om ’n huis se fondament te lê. Meeste liedjies het ’n vaste struktuur bv. vers, koor, vers, koor, brug, koor. Daar bestaan baie strukture, maar kies een, en bou jou lirieke rondom die struktuur.
  • Hook” – Die “hook” (oftewel vassteekwysie) van ’n liedjie is die gedeelte wat in ’n mens se kop bly vassteek. Dit kan ’n woord of ’n sin wees, bv. “Basta!”. So, wees kreatief en probeer aan lirieke dink wat nie alledaags is nie!
  • Kontinüiteit – Die aantal woorde of lettergrepe per vers of koor moet regdeur die liedjie dieselfde bly.. Probeer om die verse ewe lank te hou om sodoende die liedjie te laat vloei.
  • Rym – Dis altyd ’n goeie idee om lirieke te laat rym. Dit help om die liedjie meer onthoubaar te maak. Gaan luister gerus na die Basta!-liedjie en kyk of jy kan hoor hoe rym gebruik is om die liedjie onthoubaar te maak.
  • Titel – Die titel van die liedjie is baie belangrik. Jy kan die liedjie se “hook” as titel gebruik, of anders kan jy ’n woord of ’n sin, wat herhaaldelik in die liedjie voorkom, gebruik.
  • As jy vasbrand om aan lirieke te dink, kan jy altyd ander elemente soos emosie, sintuie, plekke of kleure in jou lirieke inbring.

 

Onthou net: Dit is JOU kreatiewe produk, so daar is altyd uitsonderings op die reël. Wat hierbo genoem is, is maar net wenke en ek hoop dit sal jou help om ’n wonderlike stuk te skryf!

 

Jakkie Louw se Liedjieskryf 101

Jakkie Louw, immergewilde sanger en liedjieskrywer, gee raad oor hoe om jou woorde op papier neer te lê. Klik hier om die volledige e-boekweergawe van sy Liedjieskryf 101 te lees.

Leer by Jakkie…