Solidariteit Tydskrif - Solidarity Magazine

Uitgawe 6 2011 – Afrikaans op sy lekkerste by Maroela
Deur Susan Lombaard

Wen kontant met jóú Afrikaanse storie

“As Sandveldklong,” skryf Diko van Zyl, ’n gebore Sanvêller, afgetrede professor, historikus en wynkenner, “het ek vir die eerste keer op Stellenbosch agtergekom dat ek ’n bietjie annerster praat as die standaard-Afrikaans van die WAT toe ’n mooi Bolandse

meisie vir wie ek sin gehad het, vir my tru gestaan het omdat ek kwansuis onbeskaafd gepraat het. Maar aanpasbaar soos die Sandvelder is, het ek my ‘gebery’ versag na ’n ‘gebry’ en daarna het sy ‘gevery’ dat dit bars. En toe ek later as jong dosent my veral vir Noordelike studente meer verstaanbaar wou maak, moes ek ‘beroeringe’ verander na ‘onluste’, ‘Vloorvlei’ na ‘Verlorevlei’, en ‘velers’ na ‘foutjies’. Ek moes ook verduidelik dat ek met ‘palielie’ niks sinisters bedoel het nie maar dat dit net verwys na ’n handeling om iets staande te hou.”

Ons is op soek na jóú storie. Vertel ons hoe kom jy lief is vir Afrikaans, hoe jy praat en watter tipe idiomatiese uitdrukkings en vreem de woorde eie aan jou kontrei is. Vertel vir ons hoe Afrikaans jou identiteit help vorm het. Ons is op soek na Jan Alleman

se storie – jóú storie.

Kom lees “My Afrikaanse storie” op Dié Groot Debat op ons webtuiste, en stuur dan jou storie vir ons na maroela@maroelamedia.co.za met My storie in die onderwerpveld. Een skrywer wen elke maand R2 000 met sy of haar storie.

Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, skryf: “Dit was nie vir my ’n bewustelike besluit om lief te word vir Afrikaans nie – dit was déél van my, rondom my, soos die grond en die gras en die geskiedenis. Ek het deur Ouma se geskiedenis-oë na die ontstaan van Afrikaans gekyk – verstaan dat dit nie ’n maklike geboorte was

nie, begryp dat dit kan doodgaan, en besluit dat so ’n kosbare skat die moeite werd is om te bewaar.  Vir my was dit van selfsprekend dat Afrikaans en die Afrikaner een is en dat die een nie sonder die ander kan nie. Soos water deel is van ’n vis se bestaan en ge lyktydig ’n bestaansvoorwaarde is, so was Afrikaans vir my onafskeidbaar deel van wie en wat ek is.”

• Lees verder dié en ander Afrikaanssprekendes se stories op Dié Groot Debat by www.maroelamedia.co.za.

Jannie vier 40 jaar in musiekbedryf

Jannie du Toit is tans besig met ’n landwye konserttoer, Onderweg, ’n viering van sy 40 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Dit is ’n unieke multimedia-aanbieding. Die verhoogteks is deur PG du Plessis geskryf en Christa Steyn is soos altyd verantwoordelik vir die musiekverwerkings. Jannie word begelei deur Christa Steyn/Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton/Arend Brink (tjello). Besoek www.facebook.com/onderweg40 vir meer inligting. Moenie hierdie toer misloop nie!

• 25 November – PE Operahuis, Port Elizabeth.

• 26 November – Hoërskool Port Natal, Durban.

• 2 Desember – Wynand Moutonteater, Bloemfontein.

• 3 Desember – Stadsteater, Nelspruit.

• 13 Desember – ATKV-saal, Hartenbos.

• 14 Desember – Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch.

Maroela Media gee twee kaartjies weg vir elk van dié vertonings. Stuur ’n e-pos na maroela@maroelamedia.co.za. Sit “Jannie” en die plek van die vertoning wat jy wil sien in die onderwerpveld, byvoorbeeld “Jannie Durban”. Beantwoord ook die volgende vraag in die e-pos: “Hoeveel jaar is Jannie du Toit al in die musiekbedryf?”

• Hou www.maroelamedia.co.za dop om ’n geskenkstel van Jannie du Toit se musiek te wen! Elke geskenkstel bestaan uit twee CD’s en ’n DVD.

Bloedsusters gryp die leser aan

Bloedsusters, uitgegee deur LAPA Uitgewers, is die aangrypende verhaal van twee Pretorianers, Eileen de Jager en Roelien Schutte. Hulle werk is om grusame tonele skoon te maak nadat die polisie-ondersoek afgehandel is. Met die regte toe rusting en

chemikalieë is dit hulle wat die stukke – soms letterlik – moet optel.

Stoffel Cilliers, ’n vryskutresensent, skryf: “’n Buitengewone boek oor die vreemde loopbaan van twee buitengewone susters. Die skrywer belig onderhoudend aan die hand van vele vertellings hoe hulle hul daaglikse brood, wat hulle Bloedgeld noem, verdien.  Opvallend is die sobere skryfstyl. Nêrens probeer die skrywer skok nie. Die besonderhede van die selfmoorde, plaas moorde en gesinsmoorde is weersinwekkend genoeg. Die susters doen hul skoon maak werk oral – selfs in ’n bewegende

trein, in ’n nudistekamp, in ’n visdam. Dikwels bid hulle voordat hul begin op ruim, want hulle het baie geloof nodig. En ’n sin vir humor om hul senuwees aanmekaar te hou.”

• Vind meer uit oor Bloedsusters op www.maroelamedia.co.za of besoek www.lapa.org.za

Uitgawe 6 2011 – AfriForum sit stryd teen haatspraak voort
Deur Ilze Nieuwoudt

Dit is diskriminerend, ondermyn menseregte en daar is geen regverdiging om die lied te sing nie. Só meen regter Colin Lamont, wat in sy uitspraak in September die sing van die omstrede lied “Skiet die Boer” tot haatspraak verklaar het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die uitspraak nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar ’n oorwinning vir wedersydse erkenning en respek wat daar tussen gemeenskappe moet wees. Hy reken dat daar voortdurend teen die kultuur van oneerbiedigheid in Suid-Afrika geveg moet word, soos wat nou deur die “Skiet die Boer”-hofsaak gedoen is.

Enkele dae nadat die hof bevind het dat die sing van die lied onvanpas is, het die ANC aangedui dat hulle die uitspraak sal

teenstaan. Hulle aansoek om verlof tot appèl is intussen toegestaan. Dit, meen AfriForum, skrik hulle egter nie af nie.

“AfriForum se regspan is gereed en sien daarna uit om die gelykheidshof se bevinding in die appèlhof

en selfs die grondwetlike hof te verdedig,” het Kriel gesê. “Ons het verwag dat die verlof tot appèl toegestaan sou word, aangesien dit ’n saak van openbare belang is. Ons glo egter dat ons ’n baie sterk saak het en ons glo ons sal wen,” verduidelik Kriel.

Daar was vroeër teenkanting teen AfriForum se hofsaak vanuit sekere geledere wat meen dat daar geen bewyse is dat enige aanvalle op Afrikaners as gevolg van die lied plaasgevind het nie. Volgens Kriel stel die wet dit duidelik dat iets haatspraak is wanneer ’n redelike persoon tot die gevolgtrekking kan kom dat dit ’n bedoeling demonstreer om skade te veroorsaak. Dus hoef daar glad nie enige fisieke skade aan iemand gedoen te word vir iets om as haatspraak beskou te word nie.

Uitgawe 6 2011 – WerkNet ontlont tikkende tydbom
In Time Magazine van 22 Augustus 2011 word die onlangse onluste in Londen onder die vergrootglas geplaas. Die skrywer meen dat hoewel die onluste vinnig as ’n rassegeveg afgemaak is, ontleders hierdie bevinding weerlê en die voorval eerder as ’n klassegeveg beskryf: Die armes se opstand teen die rykes; dié wat nie het nie wat protes aanteken teenoor dié wat wel het.

In die artikel London’s Long Burn, skryf Nathan Thornburgh die opstande in die eerste plek toe aan die hoë werkloosheidsyfer

onder jongmense. In Engeland het die werkloosheidsyfer vir persone tussen 16 en 24 jaar oor die afgelope drie jaar van 6% tot 20% gestyg.

In die tweede plek lê Thornburgh die opstande voor die deur van Engeland se hoë Gini-koëffisiënt. Die Gini-koëffisiënt is ’n formule wat gebruik word om die ongelykheid in die verspreiding van inkomste in ’n bepaalde staat te meet. Hy voer aan dat die

land se leiers glad nie oor die opstande en die gewelddadige aard daarvan verbaas moet wees nie, omdat die hoë werkloosheidsyfer onder Britse jongmense en die hoë Gini-koëffisiënt in Brittanje al jare tevore die gevaarligte moes laat

flikker het.

’n Mens lei uit sy artikel af dat hy van mening is dat gewelddadige protesaksie ’n noodwendige uitvloeisel is van onvergenoegde jongmense wat nie werk het nie, nie ’n vooruitsig op werk het nie en oral om hulle sien hoe ’n klein persentasie van die bevolking ryker word terwyl hulle net armer word.

In Suid-Afrika is 2,8 miljoen jongmense tussen 18 en 24 jaar werkloos en word hulle ook nie opgelei om in die toekoms ’n beter kans op indiensneming te staan nie. Hierdie jongmense word deur politieke ontleders as Suid-Afrika se “verlore generasie”

beskryf. Verder is Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt die hoogste ter wêreld – byna dubbeld dié van Brittanje. As hierdie opstande aan die Britte se probleem toegeskryf kan word, hoeveel te meer moet ons hier in Suid-Afrika nie gevaarligte sien flikker nie?

Adjunk-president Kgalema Motlanthe het gesê dat Suid-Afrika op ’n werkloosheidstydbom sit.  Indien dit die geval is, waarom blyk dit dat die regering geen sin vir dringendheid het wanneer dit by werkskepping kom nie? Waarom kry ’n mens die

gevoel dat ryk mense steeds ryker word (en “ryk” verwys lankal nie meer slegs na “wit” nie) terwyl die armes (wit en swart) aan hul eie lot oorgelaat word?

Om dié rede het die Solidariteit Beweging die aanlynwerkportaal WerkNet op die been gebring. WerkNet kyk nie toe hoe die tydbom tot ’n onafwendbare, gewelddadige verset aftik soos in die geval van Londen nie. WerkNet kies om moue op te rol en deel te word van die oplossing.

• Besoek die webtuistes www.werknet.co.za asook www.loopbaan.co.za om te sien hoe ons stadig maar seker ’n volhoubare oplossing vir armoede in die land skep.

Uitgawe 6 2011 – Redakteursbrief
Tranevangers

Op die grondvloer van Solidariteit se hoofkantoor werk die personeel van die afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid – ’n groep mense wat ongesiens wonderwerke verrig. Hulle werk met mense se hartseer en pyn. Hulle is dié onbaatsugtige stille werkers van Solidariteit. Ek noem hulle die Tranevangers, want hulle vang mense se trane op en probeer dit omskep in ’n tikkie vreugde.

Die Tranevangers werk met mense wat nie meer kan werk nie, mense wat as gevolg van ’n beroepsbesering moet swoeg om te oorleef.  Hulle worstel deur die burokrasie om mense te help om by die Vergoedingskommissaris eise in te dien en te hanteer. Die burokrasie is deesdae van so ’n aard dat dit byna onmoontlik is vir ’n individu om self reg te kom.  Dié diens is uniek aan Solidariteit.

Dié afdeling, onder die bekwame leiding van advokaat Paul Mardon, het in 2008 met een werknemer begin en het sedertdien gegroei tot 10 werknemers. Solidariteit is die enigste vakbond wat hierdie diens aan sy lede lewer. Behalwe beroepsbeseringseise doen die afdeling ook wonderlike werk om beroepsveiligheid te verbeter. Indien jy jou eie oë vol trane wil hê, gaan maak ’n draai by die Tranevangers en gesels met hulle oor hul werk. Hulle sal jou vertel van gesinne wat in absolute

armoede leef, mense wat ernstig siek is maar nie hulle geld ontvang nie.

“Soms werk ons dag in en dag uit net om te probeer om toekennings te kry terwyl ’n persoon nog leef,” sê een van die Tranevangers vir my. “Ons werk met mense met beenbeserings, breinbeserings, longsiektes en vele meer, en alles is werkverwant. Die mense is gewoonlik emosioneel stukkend. Die trane sit gereeld vlak as ons sien hoe swaar mense kry. Ons huil byna elke dag saam, maar dit is die trane wat ons inspireer. Ons raak emosioneel moeg, maar ons batterye word herlaai met elke rand wat ons vir ’n lid in nood kan kry.”

In 2008 is daar ongeveer R43 miljoen se toekennings vir lede gekry. In 2009 is R185 miljoen beding, in 2010 altesame R204 miljoen en in 2011 word die bedrag op R240 miljoen geraam.  Dit is bykans twee en ’n half keer die totale ledegeldinkomste wat Solidariteit ontvang. Net in hierdie departement alleen word daar dus vir elke R1 wat ’n Solidariteit-lid betaal R2,50 se waarde vir die Solidariteit-ledebasis gekry.  Dit sluit ander regstoekennings, koste aan regsdienste, begrafnisvoordele wat uitbetaal word en talle voordele aan lede uit. Soos Henk Schalekamp, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê: “As Solidariteit ’n

versekeringsmaatskappy was, was ons bankrot. Ons is die enigste instelling wat kan groei en meer teruggee as wat ons ontvang.”

In hierdie uitgawe vertel ons jou meer oor Solidariteit se welslae die afgelope jaar. Solidariteit Tydskrif sê aan almal dankie vir hulle ongelooflike harde werk. Dit is waarlik met groot dankbaarheid wat ons kan terugkyk na die jaar wat verby is. Ons wens al ons lesers ’n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.

Dr. Dirk Hermann Redakteur

So staan sake

WELVAARTSBELASTING VIR WIT SUID-AFRIKANERS: WAT SÊ JY?

A. Dit is absurd en vervreem wit Suid-Afrikaners.

B. Dit is ’n goeie idee. Ek sal betaal as dit moet.

• Sê jou sê deur “Tydskrif A” of “Tydskrif B” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Jy kan ook by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem. Lees die artikel oor welvaartsbelasting op bladsy 18.

Uitgawe 6 2011 – Kuberklets
Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.

Protes teen plaasaanvalle

Solidariteit het in September ’n veldtog teen plaasmoorde van stapel gestuur en die ondersteuning was oorweldigend. Solidariteit het deur Facebook en e-posse ’n beroep op ondersteuners gedoen om op 30 September 2011 ’n rooi lint op die skouer of om die arm te dra om só steun vir die protes teen plaasaanvalle in

Suid-Afrika te wys. Die veldtog is aangepak as deel van die Treurgrond-projek. Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle vertel die stories van hulle wat op Suid-Afrikaanse plase vermoor en aangeval is. Vir die eerste keer het ’n boek verskyn wat die datum en die plek van die moorde en aanvalle asook die manier waarop dit plaasgevind het, beskryf. Die boek skok en is nie vir sensitiewe persone bedoel nie. Hier is ’n paar van Solidariteit se Facebook-vriende se reaksie op die oproep om aan die protesaksie deel te neem:

Rene Smit: Beslis!!!!

Erica Kiesling van Staden: Ek is in.

Rita Reints-Bok Vermeulen:

Ek ook.Waar kry ek die boek? (Om die boek te bestel, SMS die woord “Treur” na 34388. – Red.)

Dina de Nysschen: Sal dit vir seker steun! Nog beter, ek gaan sommer rooi linte uitdeel vir meer ondersteuning!

Malema en die haatspraaksaak

Die Malema-haatspraaksaak het oor die afgelope maande tot vuurwarm debatte gelei. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het op Facebook ondersteuners ingelig oor die nuutste verwikkelings in die saak met dié inskrywing op die sosiale media-blad: “Die ANC het pas aansoek om verlof tot appèl in die

Malema-haatspraak-geding geliasseer. Hulle wil graag die liedjie sing.” Lesers

se reaksies het boekdele gespreek:

Ria Smith: Hulle moet net onthou – ons WIL ook baie dinge, maar kan nie alles nie. Hulle voete man!

Adri Harmse: Kan ons Die Stem sing, die ou vlag gebruik, en nie geoordeel word op liedjies van Bok van Blerk en Steve Hofmeyr nie?

Manie Kriel: Wonder of Madiba dit nou sou gesing het?

Ronel Miles: Hulle sal daardie lied sing, al is dit net om ons ’n punt te wys. So wat keer ons om ook ’n “strugglelied” te kry en ons eie te maak?

Aansluiting net ’n SMS ver

Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

Het jou adres verander?

Indien jou Solidariteit Tydskrif en ander kommunikasie na ’n nuwe adres gestuur moet word, stuur asseblief ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za.

Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf

aan Solidariteit Tydskrif, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na ilze@solidariteit.co.za. Die redakteur behou homdie reg voor om enige bydrae te verkort, te redigeer of glad nie te publiseer nie.

Uitgawe 6 2011 – Basta, ons ís van Afrika!
Deur Ilze Nieuwoudt

Ons ís van Afrika!  Dit is die boodskap van Afrikaanse hoërskoolleerders wat aan ’n unieke liriekskryfkompetisie deelgeneem het en wat duidelik nie huiwer om hulle liefde vir hul herkoms te vier nie.

Solidariteit Tydskrif het vroeër vanjaar sy eerste liriekskryfkompetisie onder hoërskoolleerders bekendgestel. Leerders het

hiermee die geleentheid gekry om ’n liriek met die tema “Basta! Ons voetspore is in Afrika” te skryf en sodoende hulle trots en liefde vir hul herkoms te besing.

Die kompetisie het reeds in Mei gesluit en sedertdien is daar agter die skerms gewerk aan die toonsetting en opneem van die onderskeie liedere.

Daar is uiteindelik agt wenliedjies aangewys. Die algehele wenner en die wenlied, wat deur die sangers Andries Hendrik Potgieter en Steve Hofmeyr gesing is, is tydens die bekendstelling van die Basta-CD op 10 November by die Atterbury Teater in

Pretoria aangekondig.

Die Basta-CD is ’n manier waarop Solidariteit Tydskrif, in samewerking met Andries Hendrik Potgieter, Waldo Greeff, Steve Hofmeyr, Syan Productions en Electro Groove Studios, hul liefde vir ons land besig en sê “Basta! Ons voetspore is in Afrika”. Volgens Hofmeyr is hy opgewonde om deel van hierdie projek te wees.  “Ek is baie trots daarop om by hierdie projek betrek te word, want dit skep ook vir my die idee van onsterflikheid van ’n kultuur wat ek baie hoog ag,” verduidelik hy.

Wat betref die gehalte van die liedjies wat ontvang is, sê Hofmeyr hy was verstom. “Dit is ’n bewys dat jongmense dink oor waar hulle vandaan kom en oor hul erfenis. Dit is verblydend vir ons kultuur en ek dink dit is ook goed vir ons land en vir ander

groepe wat dieselfde oor hulle kultuur voel. Ek is baie trots op my kultuur in hierdie geval.”

Potgieter beklemtoon dat die kompetisie en die positiewe reaksie wat van die jeug ontvang is, daarop wys dat die nuwe generasie ook begin vrae vra en standpunt begin inneem oor dit waarop hulle trots is. Hy meen dit is wonderlik dat hy en Hofmeyr as musikante hul talente in die proses kan gebruik. “Ons kan help om seker te maak dat mense die passie wat hulle in hul harte voel, kan uitleef en weer kan sê ‘ek is ook van Afrika.”

Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging en redakteur van Solidariteit Tydskrif, verduidelik dat die kreatiwiteit van die jongmense wat vir die kompetisie ingeskryf het, oorweldigend was. “Baie mense dink dat jongmense en spesifiek jong Afrikaners moedeloos is, dat hulle landuit wil gaan en dat hulle nie ’n toekoms hier het nie, maar die teenoorgestelde is bewys. Deur die kompetisie kon ons ’n kykie tot in die siel van hierdie jongmense kry, want ’n liriek bied

’n venster op die siel van die skrywer. En wat ons gesien het, was ongelooflik.  Hierdie jongmense sê deur hul lirieke: ‘Ons is van Afrika’,” verduidelik Hermann.

Hy glo dat die projek bewys het dat jongmense steeds diepte het en dat hulle nie meer skroom om hul identiteit te soek en te vier nie.

Húlle is die wenners

• Shavonne de la Fontaine (15) van Hoërskool Upington.

• Nico Nelissen (14) van Hoërskool Witteberg.

• Denine Burger (17) van Hoërskool Olifantshoek.

• Abigail van Niekerk (15) van Hoërskool John Vorster (Nigel).

• Leandri Diedericks van Hoërskool Hoogenhout.

Uitgawe 6 2011 – Nationalisation: Dancing on head of a pin?
By Piet le Roux

How many angels can dance on the head of a pin? Or can you balance an egg on a needle? The question puzzles, because angels are not subject to the constraints of time and space as humans and pins are – a person or persons could never possibly dance on the head of a pin. Now, if a person could not dance on the head of a pin, then it cannot reasonably be held that a person should dance on the head of a pin. One can only argue that someone should do something if it is at least possible to do it. Should supposes could.

Towards the end of 2011, an ANC research team will bring out a report on how one should dance on the head of a pin, ignoring the question of whether one could.

By order of the ANC National Executive Commission, a research team has been commissioned to look at “Structura Intervention in the Mineral Sector” (SIMS). The team’s report will be presented at the ANC’s Mangaung Conference of mid-2012.Whatever the commission’s recommendations and the outcome of that conference, it will – contrary to popular expectations – not usher in an era of government intervention in the mineral sector – there is far too much intervention already. Consider, for example, how mineral rights today belong to government as opposed to how it belonged to land owners just a few years back.

Nevertheless, it is still reasonable to expect recommendations of significant increases in government intervention, given the Terms of Reference provided to the SIMS team. In short, the SIMS team was told: assume that interventionism could work, and give us some recommendations on how it should be done by visiting some of the most interventionist governments in the world. Whether this intervention will come – as the ANC Youth League would like – in the form of the nationalisation of

mines so the State has a majority ownership in them, or in the form of preferential treatment for favoured companies and industries, is still unclear at this stage.

While all governments share interventionism, some – the more prosperous and free ones – are constrained by a popular belief in non-interventionism; a belief that stands between a state with a rule-of-law framework and one of legalised plunder. If

politicians – the interveners – are constrained by this popular belief, they tend to identify conduct that is prohibited; if not, they tend to identify conduct that is prescribed.

There are at least five reasons to doubt that the ANC and the SIMS team’s intended interventionism – of aggressively prescribing how people, including business owners and employees, should live their lives – could work.

If you wish to have an interventionist government, then – unless you want them to eventually take full control of every citizen‘s life (totalitarianism) – you want them to have a principle by which they can tell when enough is enough. But because the ANC

does not have such a principle and approaches the issue as a matter of mere pragmatism, different ANC rulers will come to different conclusions on when enough is enough. This will eventually cause great conflict.

Society is not designed or controlled by any single mind and today’s relative prosperity – which is limited only if measured against what we hope people could have tomorrow – cannot be attributed to central planning. Would the ANC’s increased

central planning not stand in the way of what allowed prosperity to emerge?

The ANC’s explanation of how society changes, is wrong. They intend to rearrange groups – like “workers”, “the poor”, “the rich”, “capitalists”, “whites”, “blacks”, “miners”, “consumers”, etc. – and do not recognise that the same person can belong to many groups at the same time, and to different groups at different times in his or her life. This means that the ANC can never succeed in finding an ideal rearrangement – they have formulated the problem in a way that makes it unsolvable.

Economic calculation – the rational allocation of scarce goods and services to unlimited ends – can only be done when relying on the price mechanism, Ludwig von Mises argued in 1920. The ANC intends to force the allocation of goods and services to happen through some other mechanism than price, but provides no alternative theory of economic calculation.

Nobody can have all the information and know all the answers, Friedrich von Hayek explained in 1945. Everybody has some knowledge about circumstances and his own preferences that nobody else has. This knowledge is never properly accessible to a central planner of the whole society and no matter how great his super computer or his bureaucracy, the central planner

will make worse decisions than those by the multitude. The ANC ignores this in their research project. These points have been developed at length in a recent response by the Solidarity Research Institute (SNI) and presented to the SIMS commission and is available from the SNI.

• Piet le Roux is a researcher at the SNI.

Uitgawe 6 2011 – Die Kampus: Waar drome van opleiding waar word
Deur Dawid Brand

Die Solidariteit Beweging droom groot. “Maar met die wete dat die drome van Die Kampus – dis die grootste en opwindendste projek tot nog toe in die geskiedenis van die Solidariteit Beweging – ’n werklikheid kan word as ons hande vat en saam bou,” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.

Die Kampus is ’n monumentale bouprojek wat Sol-Tech, die Beweging se tegniese opleidingskollege, asook Akademia, ’n tersiêre afstandonderriginstelling sal huisves.

Die Solidariteit Beweging het in 2006 reeds begin bou aan ’n beter opleidingstoekoms vir ons land se

jongmense met die oprigting van Sol-Tech. Bykans 600 studente ontvang tans opleiding in verskeie ambagte en die kollege spog met ’n merkwaardige 96%-slaagsyfer in die nasionale vaktoets. Die Beweging het reeds meer as R20 miljoen bestee aan toerusting danksy bydraes deur Solidariteit se lojale lede tot die Solidariteit Groeifonds. Tog is die behoefte aan opleiding só groot dat die bestaande geriewe eenvoudig te klein geword het om Sol-Tech se drome te verwesenlik om meer as 1 000 studente per jaar op te lei.

Die Solidariteit Beweging besef ook dat opleiding in tegniese rigtings nie genoeg is om in die geweldige behoefte aan kritieke vaardighede te voorsien nie. Daarom beplan die Beweging reeds vir drie jaar aan ’n nuwe telematiese akademie.

Dié akademie gaan ’n loopbaangerigte, afstandsonderriginstelling wees wat nietegniese vakke aanbied.

Akademia gaan lesings vanaf ’n sentrale kampus na leersentrums regoor Suid-Afrika uitsaai en ook kortkursusse, vakansie- en Saterdagskole, asook ander metodes van opleiding bied.  Eindelik sal meer as 10 000 studente landwyd die geleentheid hê om opleiding te ontvang, indiensneembaar te word en op hul beurt weer lewende boustene en bouers te kan wees.

“Opleiding is een van die Beweging se grootste prioriteite, want die opleiding van ons mense is ’n volhoubare maatskaplike belegging wat ekonomiese groei aanvuur. Dit maak dit op sy beurt vir mense moontlik om bo beperkings uit te styg en deur die opneem van hul roepings iets terug te ploeg in dié besondere stuk aarde aan die suidpunt van Afrika wat ons huis noem,” sê Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.

“Ons het jóú nodig om die opleidingsdrome van duisende te verwesenlik – of jy as individu een steen koop of jy jou maatskappy se naam op ’n splinternuwe lokaal se muur verewig.

“Wat ’n voorreg omsaamaan dié lewende monument te kan bou!” sê Hermann.

DIE KAMPUS-FEITE

• Die Kampus gaan die tuiste wees van die land se grootste Afrikaanse tegniese kollege en die telematiese instelling wat tot soveel as 10 000 studente sal kan oplei.

• Die Kampus gaan onder meer eendagkursusse, vakansie- en Saterdagskole aanbied.

• Die Kampus gaan fokus om mense in kritieke vaardighede op te lei.

• Die boukoste van Die Kampus gaan nagenoeg R150 miljoen beloop.

HOE KAN ÉK HELP BOU?

• Koop stene: Jan en alleman gaan aangemoedig word om stene teen R1 000 per steen te koop. Die stene kan kontant of per debietorder betaal word.

• Skenk ’n enkelbedrag: ’n Maatskappy of individu kan ’n enkelbedrag skenk. So ’n skunking is ’n belegging in jongmense en die ekonomie.

• Borg ’n lokaal: ’n Maatskappy, trust of individu kan ’n lokaal of werkwinkel borg wat na die maatskappy of individu vernoem sal word.

• Skenk materiaal: ’n Staalonderneming kan staal skenk of ’n bouonderneming kan stene skenk of teen kosprys verskaf.

• Kom met ’n voorstel: Enige ander voorstelle word verwelkom. Stuur jou voorstel na arina@solidariteit.co.za, of bel Arina Stoker by 012 644 4473.

• Neem korttermynversekering by Virseker uit: ’n Gedeelte van die premies van Virseker sal vir die oprigting van Die Kampus aangewend word.

• Vir meer inligting oor Die Kampus, om te sien hoe die boufonds groei, vir die bankbesonderhede of om saam te gesels, saam te droom en saam te doen, besoek vandag nog www.diekampus.co.za!

Uitgawe 6 2011 – Alfabet van beskerming sonder gelyke
Solidariteit het in bykans 109 jaar gegroei vanaf ’n vakbond tot ’n beweging waar daar op verskeie vlakke beskerming sonder gelyke aan lede gebied word. Die Solidariteit Beweging, ’n familie van tientalle besonderse instellings, bied beskerming van A tot Z, skryf ILZE NIEUWOUDT.

A IS VIR AFRIFORUM

AfriForum, die burgerregteinisiatief van die Solidariteit Beweging, is jou stem in ’n samelewing waar die regte van Afrikaners as minderheidsgroep toenemend geïgnoreer word.

B IS VIR BEURSE EN BEROEPSLEIDING

Solidariteit Helpende Hand se Beursfonds bied jaarliks die geleentheid aan tientalle jongmense om verder te studeer, en die organisasie se beroepsvoorligtingsdiens is daarop gemik om jongmense te help om die regte beroepskeuse te maak.

C IS VIR CHRISTELIKE WAARDES

Die Solidariteit Beweging het ’n Christelike grondslag en beskou dit as ’n roeping om hoop by mense te vestig.

D IS VIR DIE KAMPUS EN DIENSSENTRUM

Die Kampus is die grootste projek wat die Solidariteit Beweging tot nog toe aangepak het en sal Sol-Tech en Akademia huisves. Die Solidariteit Dienssentrum is die eenstopantwoord op al jou vrae. Skakel 0861 25 24 23.

E IS VIR ERNSTIG OOR BESKERMING

Die Solidariteit Beweging is ernstig oor die beskerming van sy lede en daar word gestreef om lede van kindsbeen tot met aftrede te beskerm.

F IS VIR FLIP BUYS EN SY SPAN

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, is reeds vir meer as 12 jaar die dinamiese leier wat voor loop.Met Flip se visie en die Solidariteit-span se deursettingsvermoë word elke uitdaging ’n groeigeleentheid.

G IS VIR GROEIFONDS

Die Solidariteit Groeifonds is in 2008 gestig met die doel om die belange van elke gemeenskap in die Beweging op ’n maatskaplike, opvoedkundige en kulturele gebied te help beskerm.  Elke lid dra deur sy maandelikse Solidariteit-lidmaatskap R10 tot hierdie fonds by.

H IS VIR HELPENDE HAND

Helpende Hand is die maatskaplike been van die Beweging en streef daarna om hoop te bring met projekte wat opheffing deur opleiding verseker. Die organisasie fokus veral op die beskerming van kleuters, jongmense, werkloses en bejaardes.

I IS VIR INGELIG

Solidariteit-lede is ingeligte Suid-Afrikaners, en met die bystand van die Solidariteit Beweging kan lede en ondersteuners ingeligte keuses oor brandende vraagstukke maak.

J IS VIR JY – DIE BELANGRIKSTE PERSOON

Die Solidariteit Beweging se eerste prioriteit is om na die belange van sy lede en ondersteuners om te sien. Daarom is JY die belangrikste persoon in Solidariteit.

K IS VIR KOM HUIS TOE

AfriForum se Kom huis toe-veldtog is begin met die doel om Suid-Afrikaners wat die land verlaat het, te help om na Suid-Afrika terug te keer.

L IS VIR LEDEDIENS

Met 20 takke landwyd en flinke diens deur die Solidariteit-dienskantore aan lede regoor die land, bou Solidariteit jaar ná jaar voort op sy goeie ledediens. Het jy diens of bystand nodig? Skakel bloot 0861 25 24 23.

M IS VIR MOEDERTAAL MET MAROELA MEDIA

Maroela Media is ’n opwindende Afrikaanse nuwemediahuis wat in 2011 begin is. By Maroela Media (besoek die webtuiste by www.maroelamedia.co.za) kan Afrikaanssprekendes na hartelus kuier en gesels oor dit wat hulle na aan die hart lê.

N IS VIR NAVORSING

Solidariteit is ’n geloofwaardige instelling wat sy oorwegings op harde feite grond. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is op die been gebring met die doel om die Solidariteit Beweging van goed nagevorsde arbeids-, politieke en sosio-ekonomiese

navorsing te verskaf.

O IS VIR ORGANISEERDERS EN OPLEIDING

Vakbondwese is steeds die kern van Solidariteit en so ook sy organiseerders en verteenwoordigers wat lede se regstreekse skakel met die vakbond is. Opleiding word beskou as noodsaaklik en die enigste manier hoe die kringloop van armoede verbreek kan word. Daarom pak die Beweging monumentale projekte soos Die Kampus aan!

P IS VIR PROFESSIONEEL

Solidariteit is trots op die professionaliteit van sy personeel, want professionaliteit is die grondslag van uitstekende ledediens.

Q IS VIR DIE LEDE VAN QUEENSTOWN TOT ZEERUST

Die Solidariteit Beweging beskerm reeds meer as 160 000 lede regoor die land en in elke denkbare bedryf. Die Beweging het lede vanaf Musina in die noorde tot Kaapstad in die suide en natuurlik vanaf Queenstown in die Oos-Kaap tot Zeerust in Noordwes. Is jy al deel van die Solidariteit-familie? Sluit vandag nog aan. Skakel 0861 25 24 23.

R IS VIR REGSDIENSTE EN RADIO

Solidariteit Regsdienste is die tuiste van die land se grootste arbeidsregsfirma en is die plek waar tientalle arbeidsregskenners daagliks veg vir geregtigheid vir Solidariteit-lede.  Solidariteit se eie radiostasie, Solidariteit Radio, wys Solidariteit se baanbrekerswerk.  Solidariteit is die enigste vakbond in die land wat sy eie radiostasie het.  Skakel in by www.solidariteitradio.co.za – die stasie wat jou stem laat hoor!

S IS VIR SOLIDARITEIT

Die woord “solidariteit” beteken eenheid. Ons staan saam om die beste moontlike voordele vir ons lede te beding, insluitende salarisverhogings.

T IS VIR TEGNIESE OPLEIDING BY SOL-TECH

By Sol-Tech word tans reeds meer as 500 studente per jaar in tegniese rigtings opgelei, en die instelling brei steeds uit!

U IS VIR UITNEMENDHEID

Die Solidariteit Beweging is bekend daarvoor dat hy bereid is om die ekstra myl vir sy lede te stap!

V IS VIR VAKBOND

Ná 109 jaar staan Solidariteit (wat ontstaan het as die Mynwerkersunie) steeds sterk en met meer as 140 000 lede wat tans die beskerming van Solidariteit die vakbond geniet en duisende wat jaarliks aansluit, is dit duidelik dat Solidariteit sy plek

vierkantig volstaan as ’n vakbond om mee rekening te hou.

W IS VIR WERKNET

By WerkNet kan werksoekers en werkgewers kom aanklop, want dit is dié plek waar werkgeleenthede en kundiges mekaar ontmoet! Laai jou CV, soek vir ’n opwindende nuwe werkgeleentheid of vind die ideale kandidaat wat jou onderneming na nuwe hoogtes sal neem. Besoek www.werknet.co.za vandag nog.

X IS VIR DIE X-FAKTOR

Solidariteit het die geheime wapen, oftewel die X-faktor, wat die Beweging die voorsprong bo ander organisasies gee. Ons lede het toegang tot die kollektiewe bedingingsmag van Solidariteit – ’n mag wat met selfvertroue en ’n sterk sin vir verantwoordelikheid tot die voordeel van duisende lede strek.

Y IS VIR YWER

Solidariteit-lede is nie net blote passasiers nie, maar ondersteuners wat met ywer saamstaan en saam veg vir dit wat reg is.

Z IS VIR ZZZ…

Met Solidariteit aan jou sy kan jy rustig slaap! Klik op www.solidariteit.co.za om te sien wat die Solidariteit Beweging

alles bied teen ’n skamele R75 vir kollektiewe lede en R77 per maand vir individuele lede. As Solidariteit-lid kry jy beskerming vir vandag en hoop vir môre! Sluit daarom vandag nog aan!

Uitgawe 6 2011 – ’n Jaar propvol groei vir Solidariteit
Deur Moira-Marie Kloppers

SOLIDARITEIT: ’N JAAR VAN DIENS

Die vakbond Solidariteit het in 2011 sy missie, Ons beskerm ons mense, met uitmuntende dienslewering aan duisende Solidariteit-lede uitgeleef. Die Solidariteit Dienssentrum het gewoel en in die eerste nege maande van 2011 reeds bykans 400000 telefoonoproepe en nagenoeg 20 000 korrespondensiestukke per maand hanteer, en 8 800 nuwe lede gehelp om ook in die vakbond se beskerming te deel.

Daarbenewens het die vakbond meer as R1,3 miljoen se ledevoordele-eise uitbetaal. Hiervan was R28 920 uitbetaal vir eise vir permanente mediese ongeskiktheid terwyl die voordele wat vir bevallings uitbetaal is, R330 000 beloop het. Intussen het Solidariteit ook honderde gesinne gehelp wat ’n geliefde aan die dood moes afstaan, deur die uitbetaling van die Solidariteit-begrafnisvoordeel van meer as R970 000.

Solidariteit se kernbesigheid bly egter die beskerming van lede in die werkplek. Solidariteit se regsafdeling het vanjaar binne net agt maande meer as R204 miljoen se vergoeding namens lede beding. Hiervan was meer as R170 miljoen eise vir beroepsbeserings en -siektes.

KRAAL-UITGEWERS:  JAAR VAN ONTHOU

Kraal-Uitgewers het vanjaar weer sy deel gedoen om die geskiedenis, soos net ons eie mense dit kan vertel, behoue te laat bly. Hoewel die boeke wat vanjaar uitgegee is in drie verskillende eras afspeel, was die oproep van elkeen: Onthou! Twee pragboeke (Ons was daar en Treurgrond) het die stories van die duisende troepies wat op die grens gesneuwel het en die slagoffers van plaasaanvalle in die moderne Suid-Afrika vir ewig vasgelê. Kraal-Uitgewers het met dié boeke daarin geslaag om ewige monumente vir hierdie mense op te rig. Nog ’n boek wat die stories van duisende vroue en kinders in die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe vertel, word tans gefinaliseer.

SOLIDARITEIT FINANSIËLE DIENSTE: ’N JAAR VAN GROEI

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) se korttermynversekeringsproduk het in 2011 ongekende groei beleef. Die korttermynskema het teen September vanjaar met 19,8% gegroei vergeleke met verlede jaar en ’n netto groei van 1 050 polisse getoon. Daarbenewens was die SFD-direksie ook nou betrokke by die ontwikkeling en bekendstelling van Auto & General se nuwe korttermynversekeringsproduk Virseker. Virseker het binne ses maande meer as 2 500 polishouers ingepalm en ’n stewige bedrag word maandeliks in die Virseker Trust gestort, wat aangewend word om Afrikaanse opleiding te bevorder.

AKADEMIA: ’N JAAR VAN DROOM

Wat twee jaar gelede net ’n toekomsdroom was, sal volgende jaar ’n werklikheid wees. Solidariteit se nuwe hoë onderwysinstelling, Akademia, sal na verwagting reeds volgende jaar slaggereed wees om sy eerste studente te registreer. In 2011 is vier programme, drie in bestuurswetenskappe en een in sosiale wetenskappe, binne die nuwe Hoër Onderwysraamwerk ontwikkel en suksesvol by die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer. Daarbenewens behoort Akademia binnekort sy amptelike

registrasiesertifikaat as hoëronderwysinstelling van die department van hoër onderwys en opleiding te ontvang. Akademia sal eindelik saam met Sol-Tech op Die Kampus gehuisves word, wat teen ’n koste van R150 miljoen opgerig gaan word.

MAROELA MEDIA: ’N JAAR VAN WORTELSKIET

Maroela Media, Solidariteit se nuwemediaplatform, is op 29 Julie vanjaar bekendgestel en hoop om dié internetkuierplek vir Afrikaanssprekendes regoor die wêreld te word. Maroela bied aan besoekers daaglikse nuus, ’n debatplatform bekend as Dié

Groot Debat waar sowat 50 bekende Afrikaanse meningvormers daagliks oor aktuele sake blog en debatteer, letterkunde-, kunste- en musieknuus, resensies, teater- en feesdagboeke, geestelike pitkos, taaltoffies en veel meer. Alles word toegelig met video- en klankgrepe en ander multimedia, en die webtuiste is ontwerp om besoekersdeelname aan te moedig en so maklik moontlik te maak.  Gedurende Maroela se eerste maand is alle verwagtings oortref toe die webtuiste meer as 17 000 besoeke gekry het. ’n Lojale Maroela-gemeenskap van besoekers wat daagliks kom kuier en saamgesels, is reeds geskep en groei deurlopend.  Maroela Media se Facebook-bladsy is ook reeds baie gewild en aktief. Kom kuier saam by www.maroelamedia.co.za.

SOL-TECH: ’N JAAR VANVOORUITGANG

2011 was in alle opsigte vir Sol-Tech ’n jaar van vooruitgang en ontwikkeling. ’n Splinternuwe opleidingsmodel is ingestel wat nie net geld spaar nie, maar ook die inname van nuwe studente van volgende jaar af tot 800 per jaar sal verhoog. Om opleiding

steeds bekostigbaar en toeganklik vir studente te hou, is daar met ’n finansieringsmaatskappy onderhandel en kursusgeld kan

nou deur ’n lening by Intelento oor langer tydperke aan die kollege afbetaal word. Sol-Tech beplan om in 2012 nuwe kursusse by die bestaandes te voeg en studente wat in die verlede nie aan die minimum vereistes kon voldoen nie, kan nou aansoek doen om ’n oorbruggingskursus tot N1 by die kollege te doen sodat Sol-Tech kan voortgaan om vaardige ambagslui vir die land te verskaf.

AFRIFORUM: ’N JAAR VAN OORWINNING

Dit was ’n besige jaar vir AfriForum, met die grootste uitdaging die haatspraaksaak teen Julius Malema. Vir maande lank het die burgerregtegroep steun van die publiek gewerf deur SMS-petisies en deurlopende bemarking in die media oor die saak. AfriForum het vroeg in September sukses gesmaak toe die gelykheidshof die Skiet die Boer-lied as haatspraak verklaar en Malema en die ANC verbied het om dit weer te sing.

AfriForum se ledetal, wat binne ’n jaar verdriedubbel het en tans op 30 000 staan, het ook gewys dat Suid-Afrikaners die organisasie steun in dít wat hy doen. Op grondvlak het die organisasie uit sy nate gebars, met 21 takke wat landwyd gestig is. AfriForum moedig mense aan om die plaaslike regering verantwoordbaar te hou vir nalatighede, en om sélf binne die raamwerk van die wet aksie te neem indien die regering nie aan hul vereistes gehoor gee nie.

AfriForum se nuwe omgewingsafdeling het in die kort tydjie sedert dit tot stand gekom het, ook reeds groot welslae behaal en ’n menigte omgewingskwessies aangepak, soos die rioolkrisis in die Apiesrivier en onwettige mynbedrywighede in die Grootvleien Naboomspruit-omgewing.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: ’N JAAR VAN HOOP

In Solidariteit Helpende Hand se strewe om hoop in Suid-Afrika te saai, het vele hoogtepunte dié jaar ingekleur. Een van die hoogtepunte was Solidariteit Helpende Hand se kongres wat in Augustus in Bloemfontein aangebied is. ’n Groep formidabele

Afrikaanse vroue wat oor die jare tot die uitbou van die Afrikanererfenis bygedra het, is tydens dié geleentheid vereer. Anneli van Rooyen kon weens ’n operasie nie die geleentheid bywoon nie,maar sy is in September by ’n afsonderlike funksie vereer. Nóg ’n hoogtepunt was Solidariteit Helpende Hand se eerste massa-eetstaking en Facebook Telethon ten bate van die Kosblikkieprojek. Intussen het die Afrikaanse Beursinstituut, wat deur Solidariteit Helpende Hand geadministreer word, meer as 50 beurse toegeken en kon duisende voornemende studente die eerste stap neem om ’n beter toekoms te skep. In die stryd teen werkloosheid het Solidariteit Helpende Hand ook vanjaar ’n slag geslaan met die stigting van WerkNet, ’n aanlynwerksoekportaal vir vaardige werknemers.

Nog nie deel van dié wenspan nie?

• Skakel 0861 25 24 23 en gesels met ’n agent by die Solidariteit Dienssentrum.

• Besoek www.solidariteit.co.za en klik op die eenminuut-aansluitingskakel.

• Faks jou aansoekvorm (by www.solidariteit.co.za) na 011 388 2520.

• SMS die woord “LID” na 34388. SMS’e kos R2.