2011 – Uitgawe 5

Uitgawe 5 2011-Nie net nog ‘n statistiek

Deur Ilze Nieuwoudt Riana Schoeman was net 35 jaar oud toe sy verlede jaar deur aanvallers op hul kleinhoewe buite Cullinan voor haar twee seuntjies van ses en vier doodgeskiet is. Hulle het by hul ma se lyk gewag totdat hulle pa, Deon, by die huis gekom het. Toe hy by die huis kom, het [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Algemeen | General, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011-Kuberklets

Hieroor word gegons Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Kuberklets | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011-Gautrain: Soet en die suur

Deur Ilze Niuewoudt en Cilleste van der Walt Dit was ’n droom wat jare gelede reeds begin het en hoewel ’n fase hiervan in Junie verlede jaar in werking gestel is, het die breër Gautengse gemeenskap eers in Augustus vanjaar werklik begin om opgewonde te raak oor hierdie multimiljoenrandprojek.
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011-Die Kampus sal nuwe opleidingsdeure open

Deur Dawid Brand “Opleiding is een van die Solidariteit Beweging se grootste prioriteite, want die opleiding van ons mense is ’n volhoubare maatskaplike belegging wat ekonomiese groei aanvuur,” sê Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging. Daarom het die Solidariteit Beweging besluit om die grootste en opwindendste projek tot nog toe in die geskiedenis [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | 1Kommentaar

Uitgawe 5 2011-Arbeidsdeelname hou aan krimp

Deur Paul Joubert Luidens die jongste statistiek wat deur Statistiek Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak is, het die amptelike werkloosheidskoers van 25,0% in die eerste kwartaal van 2011 tot 25,7% in die tweede kwartaal gestyg. Hierdie persentasies neem slegs die werklose bevolking in ag wat aktief na werk soek. Wanneer al die ander werklose mense wat [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011-Employment equity diagnosis is faulty

By Paul Joubert As in previous years, the Commission for Employment Equity (CEE) has examined the symptoms of the unhealthy South African labour market, measured them with unsuitable instruments and consequently made an invalid diagnosis. This leads to the wrong medicine being prescribed for the patient, causing further damage. The “snail pace” (sic) of racial [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011-Basta: Hier kom die album

Deur Ilze Nieuwoudt Gooi die stemme van Steve Hofmeyr en Andries Hendrik Potgieter, tien liedjies vol passie en emosie, en die hope talent van die skoolleerlinge wat die moed gehad het om hierdie liedjies te skryf bymekaar en wat kry jy? Basta! – ’n CD wat die jeug se liefde vir hul land en herkoms [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011-Tree Aan! op aanvraag terug in die Staatsteater

Deur Moira-Marie Kloppers Die teleurstelling van vele belangstellendes wat nie kaartjies kon kry vir die musiekspel Tree Aan! nie het die vervaardigers genoop om ’n tweede speelvak te skeduleer. Dié speelvak begin op 8 Oktober in die Operahuis van die Staatsteater in Pretoria. Tree Aan! was vir teatergangers ’n emosionele gebeurtenis waartydens hulle gekonfronteer is [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Algemeen | General, Kompetisies | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2011 – AfriForum pak misdaad met nuwe eenheid

Deur Ilze Nieuwoudt Toenemende vlakke van korrupsie met belastingbetalers se geld, magsmisbruik deur polisielede, onregmatige inhegtenisneming en verskeie ander soorte misdaad het AfriForum genoop om in te gryp. Daarom is daar in Augustus ’n amptelike AfriForum-ondersoekeenheid op die been gebring as deel van ’n poging om die publiek by te staan met misdaadondersoeke. Ondersoeke na [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar