Stilwo(o)rd

Uitgawe 6 2011 – Klein seuntjie in ’n 21-jarige lyf

Deur Marietha Malan   Marietjie wag my die middag by die hek in om die kaartjie te wys: “I’m turning 21!” kondig dit aan. ’n Breed glimlaggende jongman pryk voorop. Dis Marietjie se Ryan wat verjaar. My afvlerk-gansie, my serebraal gestremde Marietjie se eerste liefde, ’n klein seuntjie in ’n een-en-twintigjarige lyf. Ryan wat gek [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 6 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – Stilwo(o)rd

Zombie-apokalips se voet Deur: Marietha Malan Ons stap op die sypaadjie langs die hospitaal op pad na die ongevalle-afdeling. Of liewer, ek stap, Thinus hink. Hy het sy enkel sleg seergemaak in die Baie Groot Affie-Grey-wedstryd van die vorige dag, en nou moet ons X-strale laat neem. Thinus gee ’n uitgerekte sug, moeg gesukkel. “As [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Kombers vir prins William en Willempie

Deur Marietha Malan Wat het hy op sy rug? ’n Toiletsitplekoortreksel?” Dié oneerbiedige opmerking kom van my jongste. Die draer van die vreemde gewaad: Die biskop wat die adellike gaste by Kate en William se troue verwelkom. “Aag sjarrap man! Ons kyk nou!” Magdi gooi vir Thinus met ’n kussing. Dit is al watter tyd [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 3 | Lewer kommentaar

Uitgawe 2 2011 – ’n Gehoorsame baas se dier-lesse

Deur Marietha Malan Jip-jip-jip. Jip-jip-jip-jip-jip-jip. Ek kners op my tande. Loer na die horlosie. Twee-uur. Dêm! Jip-jip-jip. Jek. Jip-jip-jip-jek.
Also posted in 2011 - Uitgawe 2 | Lewer kommentaar

Uitgawe 1 2011 – Soete liefde ken geen gebrokenheid

Deur Marietha Malan Dit is ’n gewone Vrydagmiddag waarop ek ’n gewone ma-ding moet doen: ’n kind gaan oplaai wat van die veldskool af terugkom. Daar is die gewone gemaal van mammas wat groet en bagasie wat afgelaai word. Die enigste verskil is dat hier net soveel rolstoele as tasse van die sleepwa afgelaai word. [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 1 | Lewer kommentaar

Uitgawe 6 2010 – Om (amandel)vrug te kan dra, my kind

Deur Marietha Malan Miskien het dit by die ellendige bifokale bril begin. Ek het die ding bitter nodig gehad om enigsins te kan lees, maar dit het my lewe so miserabel gemaak dat ek aanvanklik geweier het om dit te dra.
Also posted in 2010 - Uitgawe 6 | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Vir Hom maak selfs ’n piekie ’n reuse-verskil

Deur Marietha Malan “Het jy sonbrandroom ingepak?” vra ek op pad skool toe vir my vurige Affie-seun. “Nee, Ma!” vererg hy hom. “Ek brand mos nie sommer nie.”
Also posted in 2010 - Uitgawe 5 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2010 – Stilwo(o)rd

Winterbegrafnis Deur Marietha Malan Ons voete knars op die kerkpaadjie op pad na die hekkie. Op die sypaadjie dwarrel die wind droë blare rond. Die kerkklok slaan een maal hard, finaal. Ek kyk op na die kerktoring; verwag half dat die uur iets dramaties soos halftwaalf gaan wees – maar nee, dis maar net halftwee. [...]
Also posted in 2010 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 3: 2010 – Wegkruipseuntjie.

Deur Marietha Malan Hy is soos iemand agter ʼn dik eenrigtingruit. Naby, maar tog ver. Hy kyk soms na jou sonder om jou te sien. Jy praat met hom sonder dat hy reageer. Die mooiste seuntjie – ʼn donkerkoppie met ʼn ligte vel, blou ogies en die lieflikste glimlag. Lees meer…
Also posted in 2010 - Uitgawe 3 | Lewer kommentaar

Uitgawe 2: 2010 – ‘n Atlantis in almal van ons

Marietha Malan “Dis onpersoonlik in die stad,” het my vriende in die platteland simpatiek gesê toe ons jare gelede hierheen getrek het. “Niemand ken jou of gee om wie jy is nie. Mens word maklik eensaam.” Lees meer…
Also posted in 2010 - Uitgawe 2 | Lewer kommentaar