Nuuswaardig | Newsworthy

Uitgawe 4 2011 – Krisis met vuurwapenlisensies verdiep

Deur: Nantes Kelder Die krisis met die uitreiking van vuurwapenlisensies neem ernstige afmetings aan. Onlangse inligting het aan die lig gebring dat statistiek oor vuurwapenlisensie-aansoeke gemanipuleer word. Die gevolg is dat die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se inligting aan die parlement gedurende ’n sitting in Mei foutief was.
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – Daar is hoop vir gemeenskappe – AfriForum

Deur: Ilze Nieuwoudt Ten spyte van die wanhoop wat Suid-Afrikaners oor swak dienslewering deur munisipaliteite ervaar, het AfriForum ’n duidelike boodskap: Daar ís hoop! Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, hoof van gemeenskapsake by AfriForum, het dié burgerregte-inisiatief ná ’n insiggewende konferensie op 31 Mei vyf gebiede geïdentifiseer wat as die grondslag kan dien vir ’n [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 -Atlete van Solidariteit Atletiekklub pak Comrades

Deur: Ilze Nieuwoudt Wat vir ons gewone mense na 89 km se loutere marteling lyk, is vir Comrades-atlete die uitdaging van ’n leeftyd en vir dié wat jaar ná jaar terugkeer om die pad tussen Durban en Pietermaritzburg aan te pak, word dit ’n leefwyse.
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – FAK-sangbundel kry splinternuwe baadjie

Deur Ilze Nieuwoudt As dit kom by volksliedjies soos Aanstap rooies, Sarie Marais, Kiewietjie rooibeen en Daar is nooientjies in die Boland gryp Afrikaners al vir meer as sewe dekades na dié boek. Dit is ’n boek wat steeds in derduisende Afrikaner-huise as die alomvattende gids van Afrikaanse liedjies bestempel word. Dit is trotse volksbesit!
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – “’n Taal oorleef in die hart van die mense wat hom praat”

Deur Nico Strydom Elke Vrydag op Solidariteit Radio kan jy na ToetenTaal luister – ’n insetsel tydens die program Perspektief, wat tussen 12:00 en 13:00 uitgesaai word. Tydens ToetenTaal woeker een van Solidariteit se taalpraktisyns, Suné van Heerden, met die taal.
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – Sol-Tech-welslae danksy drie sleutelbestanddele

Deur Moira-Marie Kloppers Gemotiveerde, uitstekend gekwalifiseerde personeel met ’n passie vir opleiding,  hoogstaande gehalte toerusting en toegewyde studente. Dít, meen Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech is die sleutelbestanddele wat jaar ná jaar tot ’n 96%-slaagsyfer lei. “Danksy die Solidariteit Groeifonds kon Sol-Tech reeds meer as R20 miljoen aan moderne toerusting van hoogstaande gehalte [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – Sakereuse kom steek kers op by Sol-Tech

Sol-Tech se reputasie as opleidingsinstelling wat vakmanne van die hoogste gehalte lewer, loop hom vooruit. Verskeie groot maatskappe soos Lonmin, Columbus Stainless Steel en Adcorp het onlangs by Sol-Tech kom kers opsteek om praktiese oplossings vir die vaardigheidstekorte in die bedryf te soek. “Sol-Tech het een doel voor oë, en dit is om jongmense indiensneembaar [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 4 2011 – Sol-Tech-navorsing op konferensie in Spanje aangebied

Philip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech, het in Junie vanjaar ’n groep jong volwassenes tydens ’n internasionale navorsingskonferensie by die Universiteit van Granada in Spanje oor sy navorsing toegespreek. Minnaar se navorsing vorm deel van sy meestersgraad en vertel die verhaal van hoe jongmense in die ambagsberoep die werkomgewing beleef wanneer hulle dit die eerste [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 4 | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Die Kampus: Monument vir die toekoms

Deur Ilze Nieuwoudt Die Solidariteit Beweging weet lank reeds dat opleiding die beste belegging in ons land se jeug is en juis om hierdie rede is Sol-Tech, die Beweging se eie tegniese opleidingsinstelling waar nagenoeg 510 studente tans opleiding ontvang, op die been gebring.
Also posted in 2011 - Uitgawe 3 | Lewer kommentaar

Uigawe 3 2011 – Só oorbrug gestremdes struikelblokke

Deur Moira-Marie Kloppers, Cilleste van der Walt & Nico Strydom Ten spyte van ’n goeie Grondwet, wetgewing wat hulle beskerm en verskeie beloftes van die regering en instellings, moet Suid-Afrikaners met gestremdhede steeds baie hard veg om hulself op alle vlakke van die samelewing te handhaaf. In die werkplek is die stryd uiters taai en [...]
Also posted in 2011 - Uitgawe 3 | Lewer kommentaar