Author Archives: Ilze Nieuwoudt

Uitgawe 5 2010 – Vakbond vier welslae, sit loonstryd voort

Solidariteit se organiseerders is steeds by talle loononderhandelings betrokke. Met die ekonomie wat uit die resessie begin opstaan aan die een kant en vuisvoos werknemers onder kwaai finansiële druk aan die ander kant, was loononderhandelings vanjaar taaier as ooit, berig MOIRA-MARIE KLOPPERS.
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Bedryfsnuus | Industry News | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Taakspan neem mynbou onder die loep

Deur Reint Dykema Die mynbedryf het die afgelope tyd onder fel kritiek deurgeloop en dit het tot gevolg gehad dat Susan Shabangu, minister van mynbou, moes ingryp. Die kritiek kom onder meer ná die toekenning van mineraalregte aan Lonmin en die Sishen-myn. Shabangu het tydens ’n mediakonferensie onder skoot gekom oor die beweerde voordele wat [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Bedryfsnuus | Industry News | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Tolgeld dien pendelaars eersdaags ʼn knou toe

Deur Moira-Marie Kloppers Die meer as 200 000 pendelaars wat daagliks op die N1 tussen Johannesburg en Pretoria ry, gaan eersdaags, benewens hul brandstofuitgawes van tussen R800 en R1 000 per maand, ook nog bykans R1 020 vir tolgeld moet opdok. Die Suid-Afrikaanse Nasionale padagentskap het aangedui dat tolgeld van ongeveer 50c per kilometer van [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Bedryfsnuus | Industry News | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Nuwe vrouebeen vir Helpende Hand

Deur dr. Danie Langner Daar is talle kultuurorganisasies vir Afrikaanse vroue in Suid-Afrika, soos die Vroue-Landbou-unie (VLU) en die Dameskring. Hierdie organisasies bestaan reeds etlike dekades en het ’n trotse geskiedenis. Hulle lewer ’n waardevolle diens en Helpende Hand is dankbaar om met hierdie organisasies hande te kan vat om sekere projekte aan te pak.
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Helpende Hand | Helping Hand Fund | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Om vir ander ’n hoopvolle toekoms te help skep

Deur Surika van Schalkwyk Toe Timara Bucas van Midrand een Vrydagmiddag die plaaslike koerant deurblaai, het sy nie geweet dat wat sy in die koerant gaan sien haar lewe ingrypend gaan verander nie. Sy het in haar motor voor ’n winkel sit en wag toe die gesig van Mel Botes op bladsy 4 haar oog [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Helpende Hand | Helping Hand Fund | 1Kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Navorsing oor minderbevoorregte kleuterskole skok

Deur Surika van Schalkwyk Koud en honger. Dít is hoe duisende Afrikaanse kleuters elke dag moet leef. Dit is waarom Solidariteit Helpende Hand besluit het om ’n projek aan te pak om die nood by kleuterskole te verlig. Helpende Hand-takke het as deel van die Kosblikkieprojek vanjaar met minderbevoorregte kleuterskole regoor Suid-Afrika hande gevat. Die [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Sprokie gee dié heldinne weer selfrespek

Deur Surika van Schalkwyk Vir ’n groepie vroue van Sonop, ’n arm gemeenskap net buite Brits in Noordwes, het die pot aan die einde van die reënboog nie goud in nie, maar eerder selfrespek. Die tentakels van armoede het dié vroue stadig maar seker van alle energie, selfrespek en hoop gestroop. Maar voordat hierdie vroue [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Helpende Hand | Helping Hand Fund | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Twee Solidariteit-helde sterf in vliegongeluk

Deur Moira-Marie Kloppers 23 Julie 2010. Stukke rokende metaal lê oor ’n oop stuk veld naby ’n plakkerskamp buite Witbank verstrooi waar ’n polisiehelikopter met vyf polisielede, die loods en nog ’n bemanningslid neergestort het terwyl hulle op pad was om hulle makkers in Witbank te hulp te snel.
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – Pakket bied nie noodwendig vryheid

Deur Paul Joubert en Moira-Marie Kloppers Die aanbod van duisende rand as deel van ’n vrywillige skeidingspakket is vir baie mense aanloklik. Wanneer afleggings by ’n maatskappy ter sprake kom, voel baie mense dat ’n vrywillige skeidingspakket ’n welkome uitkoms kan bied. Baie meen dit is voldoende om die droom van ’n eie onderneming te [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, My Werk | My Work | Lewer kommentaar

Uitgawe 5 2010 – AfriForum se Willie (die) Spies in talle se vlees

In ’n samelewing waar die staat en groot instellings nie skroom om teen mense te diskrimineer nie, moet burgerlike instellings gewone landsburgers se regte dikwels deur middel van die howe opeis. AfriForum het sedert sy stigting ’n paar jaar gelede groot welslae op hierdie gebied bereik. Willie Spies, bekende prokureur, oudpolitikus en openbare persoonlikheid van [...]
Gepubliseer in 2010 - Uitgawe 5, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar