Author Archives: Ilze Nieuwoudt

Uitgawe 3 2011 – Joernalis nou AfriForum-mediahoof

Leané du Plessis is onlangs as hoof: mediaskakeling van AfriForum aangestel. AfriForum se aktiwiteite en veldtogte het oor die afgelope twaalf maande drasties toegeneem en Du Plessis is aangestel om te verseker dat doeltreffende kommunikasie met die media gehandhaaf word. AfriForum se ledetal het oor dieselfde tydperk met 80% toegeneem.
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – kykNET sê nee vir Malema-advertensie

AfriForum sit steeds sy Stop Malema-veldtog met ywer voort en het nou ook ’n televisieadvertensie laat maak om die publiek aan te moedig om die veldtog te ondersteun. Die veldtog is daarop gemik om steun te verkry vir AfriForum se haatspraaksaak teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Geld wat met die veldtog ingesamel word, [...]
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Sol-Tech se kragman aangewys

Sol-Tech se studenteraad het op 1 April die eerste van twee sportdae vir die jaar aangebied. Daar was verskeie spanverwante items soos toutrek, mini-krieket en raakrugby, maar die hoogtepunt van die dag was die kragmankompetisie. Die individuele mededingers om die titel van kragman het aan drie hoofitems deelgeneem.
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Nuwe studente reeds tuis by Sol-Tech

Sowat 180 eerstejaarstudente wat in Mei met hul studies in dieselwerktuigkunde, elektries, pas en draai, meulmakery en handvaardighede begin het, is reeds tuis by Sol-Tech. Van die 180 studente is 105 tans besig om opleiding in Sol-Tech se werkwinkels te ontvang terwyl 75 met hul N-kursusse in elektries, meulmakery, dieselwerktuigkunde en pas en draai besig [...]
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Sol-Tech-drome binne bereik

Deur Moira-Marie Kloppers Die helfte van die jaar is skaars verby, maar volgens Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, het dié tegniese kollege in dié kort tyd al heelwat positiewe belangstelling en terugvoer uit verskillende oorde ontvang. Sol-Tech het onlangs ook met ’n nuwe inisiatief begin, naamlik opknappingskursusse voor die nasionale vaktoetse afgelê word. [...]
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Solidariteit bekroon gemeenskapsterre

Deur Moira-Marie Kloppers en Daleen de Jager Vyf persone wat ’n besonderse bydrae tot hul gemeenskap gemaak het, is tydens ’n spesiale skemerkelkiegeleentheid op die vooraand van Solidariteit se nasionale kongres vanjaar met ’n Ster in die Gemeenskap-toekenning vereer. Die jaarlikse Sterre in die Gemeenskap-toekennings is ’n spesiale geleentheid waartydens die Solidariteit Beweging hulde bring [...]
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Road maintenance programme unveiled

By Cilleste van der Walt South Africans can finally start looking forward to the improvement of secondary roads throughout the country. The S’hamba Sonke Road Maintentance Programme, unveiled by Minister of Transport Sibusiso Ndebele on 18 April, is a new initiative of the Department of Transport aiming to fix and upgrade the entire secondary road [...]
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Drie nuwe stemme op Solidariteit Radio

Die Solidariteit Radio-span het onlangs drie lede bygekry wat elke Dinsdag, Donderdag en Vrydag tussen 12:00 en 13:00 splinternuwe programme aanbied. Alexia Vosloo, Xander de Kock en Eugene Brink het met MOIRA-MARIE KLOPPERS gesels oor hul nuwe rolle by Solidariteit Radio.
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, Nuuswaardig | Newsworthy | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Your work is no crying matter

By Cilleste van der Walt Have you ever found yourself overwhelmed with emotion at work and bursting into tears without being able to control yourself? Crying at work is rarely acceptable, because it shows vulnerability and undermines your sense of competence and confidence.
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, My Werk | My Work | Lewer kommentaar

Uitgawe 3 2011 – Gee die griepgogga die doodskoot

Deur Ilze Nieuwoudt Die winter is hier in al sy glorie en saam met die jasse en serpe moet jy noodgedwonge ook die hoesstroop, griepmiddels en ander wonderkure uitpak. Gou-gou merk jy op dat die kleinspan tuis kom met mismoedige snuifneusies en dat jou kollega in die werkhokkie langs jou soos ’n boerboel blaf. Ja, [...]
Gepubliseer in 2011 - Uitgawe 3, My Gesin | My Family | Lewer kommentaar