Hieroor word gegons
Solidariteit kommunikeer daagliks met tienduisende Suid-Afrikaners deur middel van sosiale media soos Facebook en Twitter. Op dié manier is Solidariteit in staat om sy lede se voorstelle oor talle sake te kry, belangrike inligting te kommunikeer en die mening van medeburgers in te win.

Uitgawe 5 2011-Nie net nog ‘n statistiek
Deur Ilze Nieuwoudt
Riana Schoeman was net 35 jaar oud toe sy verlede jaar deur aanvallers op hul kleinhoewe buite Cullinan voor haar twee seuntjies van ses en vier doodgeskiet is. Hulle het by hul ma se lyk gewag totdat hulle pa, Deon, by die huis gekom het. Toe hy by die huis kom, het hulle hom tegemoet gehardloop en gesê: “Pappa, hulle het vir mamma geskiet!” Dié aanval en Riana se dood is gelys as aanvalnommer 2 586.
Lees meer »