Deur Reint Dykema
Die Solidariteit Navorsingsinstituut het op Vrydag, 27 Augustus ’n landbouseminaar aangebied wat die mieliekrisis in die land onder die loep geneem het. Hierdie krisis het onstaan nadat daar tydens die vorige goeie reënseisoen te veel mielies geproduseer is en die mielieboere nie goeie pryse vir hul mielies ontvang het nie. Lees meer

Uitgawe 6 2010- Kortliks
Deur Reint Dykema
Konsultasie by Lafarge oor afleggings
Solidariteit is tans in ’n Artikel 189-proses met die sementvervaardiger Lafarge in Lichtenburg gewikkel oor die aflegging van 80 werknemers. Solidariteit word verteenwoordig deur Willie Marais en Theunis van Staden. Konsultasies het reeds op 10 en 15 September asook op 4 Oktober plaasgevind. Die twee organiseerders voorsien dat die aantal persone wat afgelê gaan word, drasties ingekort sal word. Lafarge bied tans nog vrywillige skeidingspakkette aan. Werknemers word twee weke se salaris vir elke diensjaar aangebied, asook R3 000 waarmee die werknemer in ’n nuwe ambag opgelei kan word. Die eerste fase van die afleggings sou na verwagting teen 30 Oktober afgehandel wees. Willie Marais is egter vol vertroue dat dit nie nodig sal wees om met ’n tweede fase voort te gaan nie. Lees meer »