Sol-Tech se reputasie as opleidingsinstelling wat vakmanne van die hoogste gehalte lewer, loop hom vooruit. Verskeie groot maatskappe soos Lonmin, Columbus Stainless Steel en Adcorp het onlangs by Sol-Tech kom kers opsteek om praktiese oplossings vir die vaardigheidstekorte in die bedryf te soek.
“Sol-Tech het een doel voor oë, en dit is om jongmense indiensneembaar te maak,” verduidelik Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech.
“Sol-Tech werk reeds saam met verskeie organisasies vir die praktiese gedeelte van die opleiding wat gebied word en die toetrede van groot maatskappye is verblydend. Sonder toegewyde werkgewers sal Suid-Afrika nooit die huidige vaardigheidstekort te bowe kom nie,” meen Van Deventer.

Uitgawe 4 2011 – Sol-Tech-welslae danksy drie sleutelbestanddele
Deur Moira-Marie Kloppers
Gemotiveerde, uitstekend gekwalifiseerde personeel met ’n passie vir opleiding, hoogstaande gehalte toerusting en toegewyde studente. Dít, meen Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech is die sleutelbestanddele wat jaar ná jaar tot ’n 96%-slaagsyfer lei.
“Danksy die Solidariteit Groeifonds kon Sol-Tech reeds meer as R20 miljoen aan moderne toerusting van hoogstaande gehalte bestee sodat ons studente ten volle voorbereid kan wees vir die werkplek,” sê Van Deventer. “Geld kan toerusting en geboue koop, maar nie mense nie. Daarom ag ons onsself as geseën met hoogs gekwalifiseerde en passievolle personeel met jare se praktiese ondervinding.” Lees meer »